Welkom By Monwes
'n PLEK WAAR GELOOF, HOOP EN LIEFDE SAAMKOM
Ons is bly om jou by Monumentpark-Wes NG Gemeente te verwelkom. As 'n gemeente wat reeds dekades lank in die gemeenskap gegrond is, streef ons daarna om 'n tuiste te wees waar mense God kan ontmoet en mekaar in liefde kan ondersteun. Ons glo dat elke persoon 'n besondere plek in God se hart het, en ons wil graag deel wees van jou geestelike reis.
Eredienste
Sondag 09h00 - 10h00
Monumentpark Uitbreiding 2 Kalkoenstraat 38
Diens Aksies
Erediens
Die Diensaksie erediens fokus daarop om elke Sondag se samekoms ordelik en
betekenisvol te laat verloop. Dit sluit die koördinering van die erediens self, die
hantering van klank en media, die ondersteuning deur sangbediening, die
voorbereiding en aanbieding van afkondigings, asook die wyks diensbeurte en
liturgiese voorbereiding in. Deur hierdie verskillende funksies saam te bring, word ’n
ruimte geskep waar die gemeente in eenheid kan aanbid en geestelik versterk word.
HOU DIE SPASIE DOP!
Omgee
Die Diensaksie Omgee dra by tot die versorging en versterking van die gemeente deur pastoraat en herderlike sorg, die verwelkoming en begeleiding van nuwe intrekkers, die bevordering van samesyn en gemeenskapsprojekte, asook die ondersteuning van die predikant in sy bediening. Hierdie werksaamhede skep ’n ruimte waar lidmate mekaar kan dra, saam kan groei en die liefde van Christus prakties beleef.
Geloofsvorming
Die Diensaksie Geloofsvorming het ten doel om die gemeente te begelei in geestelike groei en verdieping van geloof. Dit sluit die jeugbediening, mannebediening en vrouebediening in, asook die bevordering van kleingroepe, Bybelstudie en die Bybelskool. Deur hierdie verskeidenheid bedieninge en geleenthede word lidmate toegerus om hul geloof prakties uit te leef, mekaar te ondersteun en saam as ’n geloofsgemeenskap te groei in die kennis en liefde van Christus.
Dagbestuur
Die Diensaksie Dagbestuur dra die verantwoordelikheid vir die oorhoofse beplanning en bestuur van die gemeentes. Dit sluit die bestuur van algemene gemeente administrasie, personeel diensverhouding, eiendomme, die koördinering met die drie gemeente (Monumentpark-Wes, Monumentpark en Waterkloofrif) Vennootskap asook die beplanning en ondersteuning van gemeentegroei in. Deur hierdie funksies word ’n stewige organisatoriese grondslag geskep wat die bediening en gemeenskapslewe van Monumentparkwes dra en versterk.
Uitreik
Die Diensaksie Uitreik fokus op die uitleef van die evangelie deur getuienis, barmhartigheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Dit sluit die deel van geloof en hoop met ander in, die versorging van mense in nood, en die aktiewe deelname aan projekte wat die breër gemeenskap dien. Op hierdie manier word die liefde van Christus sigbaar gemaak en die gemeente se roeping om lig en sout te wees in die wêreld prakties gestalte gegee.
Finansies
Die Diensaksie Finansies dra die verantwoordelikheid vir die opstel en bestuur van die gemeente se begroting, die toesig oor gesonde finansiële bestuur en die bevordering van volhoubaarheid. Deur noukeurige beplanning en verantwoordelike hantering van fondse word die gemeente se bediening en projekte ondersteun, sodat Monumentparkwes met stabiliteit en vertroue sy roeping kan uitleef.
Gemeente Aktiwiteite
Vrouebelang
Die bydrae wat die vrouens lewer tot die gemeente is van onskatbare waarde. Ons vrouebelanggroep kom gereeld bymekaar vir lekker byeenkomste, asook Spokie vriendinne. Hulle reël baie fondsinsamelings vir die kerk, soos bv. pannekoekdae. Hulle is verantwoordelik vir die mooi blomme in die kerk en vele meer. Voel vry om deel te word van hierdie groep dames.
Kinderkerk en WesWeg Jeug
Kinderkerk is vir kinders van 5 jaar oud tot graad 6 tydens erediens wat plaasvind vanaf 09h00 - 10h00. Kinders word na die kindermoment in die kerk uitgestuur na hulle klassies saam met hul sondagskool juffrouens. WesWeg Jeug vind plaas op sondagmiddae 17:00 - 18:30. Alle kinders van graad 7 tot matriek is welkom om by te woon. Lekker worship, groot boodskap, kleingroep gesprekke, en die drink van koffie en tee word geniet.
OPROEP TOT AKSIE
Lees gerus die volgende artikel oor waarom dit so belangrik is vir mense om deel te wees/word van die liggaam van Christus.
Lees VerderPersoneel
Ontmoet ons toegewyde span wat die gemeente ondersteun.
Ds. Willem de Beer
Leraar
Pierre Ressouw
Finansiële Beampte
Lee-Anne Bisschoff
Skriba/Koster
Thabo Selo
Algemene Werker
Wat gebeur alles
By Monumentpark-Wes Gemeente
Almal is welkom om in te skakel
Ons is dankbaar vir elke lidmaat van die gemeente! Elkeen drae by op sy/haar manier. Ons verwelkom jou om deel te wees van ons gemeenskap.



>